Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 5 Desember 1995 |
Ontwerp | ’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel olyftak en olyfkrans strek tot aan die wapperkant. Bo die driehoek is groen en onder is blou. |
Die nasionale vlag van die Eritrea is op 5 Desember 1995 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is gevorm uit drie driehoeke: twee reghoekige driehoeke in groen (bo) en blou (onder) met ’n rooi gelykbenige driehoek tussen in. Saam vorm dit ’n reghoek met ’n verhouding van 1:2. Die middelpunt van die olyftak is op ’n kwart van die lengte van die vlag.[1]